Bestuursegpaar: Wild-, Jag en Lodge

Bestuursegpaar: Wild-, Jag en Lodge picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde wildsplaas- en lodge-onderneming in die Thabazimbi-omgewing, is opsoek na ’n ervare en energieke Bestuursegpaar om ’n sleutelrol te vervul in die bestuur en verdere ontwikkeling van die onderneming.

Hierdie geleentheid behels die bestuur van drie plase van 4 000 ha, asook twee jaglodges, en is ideaal vir ’n jong egpaar met ’n sterk kombinasie van wildsplaasbestuur, professionele jag, lodgebestuur, gasvryheid en besigheidsvernuf. Die suksesvolle egpaar moet die vermoë hê om die onderneming met ’n eienaarskapmentaliteit te bestuur, met ’n duidelike fokus op finansiële groei, kliëntetevredenheid, professionele aanbieding en volhoubare bestuur.

Plaasbestuurder / Professionele Jagter
Die ideale kandidaat is ’n geregistreerde Professionele Jagter en Jaguitruster met toepaslike sertifikate en sterk praktiese ondervinding in wildsplaas-, jag- en algemene operasionele bestuur. Die kandidaat moet oor goeie bestuursvermoë, sterk meganiese aanleg, goeie menseverhoudinge en die vermoë beskik om gaste, wildbestuur, infrastruktuur, personeel, veiligheid, instandhouding en die algemene plaasvloei professioneel te bestuur.

Lodgebestuurderes / Gasvryheids- en Administratiewe Bestuur (Vrou)
Die ideale kandidaat beskik oor sterk ondervinding in lodgebestuur, ontvangs, besprekings, gasverhoudinge, personeelkoördinering en algemene administrasie. Ondervinding in ’n hoë standaard lodge- of gasvryheidsomgewing sal sterk voordelig wees. Bemarkingsvernuf, sterk rekenaarvaardigheid, goeie detailbeheer en die vermoë om as gasvrou en ambassadeur van die onderneming op te tree, is van groot belang.

Sleutelverantwoordelikhede sluit in:

  • Algemene bestuur van die wildsplaas- en lodgebedrywighede
  • Koördinering van jagaktiwiteite en gaste-ervaring
  • Bestuur van personeel, infrastruktuur, voertuie, toerusting, paaie en heinings
  • Wildbestuur, wildteling, dieregesondheid, vang, byvoeding en veldbestuur
  • Lodgebestuur, besprekings, voorraadbeheer, kamerstandaarde en dienslewering
  • Administrasie, begrotingsbeheer, rekordhouding en kliënteskakeling
  • Bemarking van die onderneming en die bou van langtermyn kliënteverhoudings
  • Optree as professionele gasheer en ambassadeurs van die onderneming

Hierdie is ’n besondere geleentheid vir ’n jong professionele egpaar wat hulself wil vestig binne ’n unieke en goed gestruktureerde wilds-, jag- en lodge-omgewing. Die rol bied die geleentheid om werklik eienaarskap te neem van ’n diverse onderneming waar wildbestuur, jag, gasvryheid en besigheidsontwikkeling hand aan hand loop.

Markverwante salaris en voordele eie aan die bedryf word aangebied

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit 19 Mei 2026

Indien julle ’n toegewyde Bestuursegpaar is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na julle aansoek as Egpaar deur diè skakel [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp