Ons gewaardeerde kliënt, 'n 8 000 ha Wildreservaat in die Groblersdal distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Bestuursegpaar om deel te word van hulle dinamiese Span.
Die ideale Bestuursegpaar het meer as 10 jaar bewese ondervinding in hulle veld wie goed kan saamwerk in spanverband met die vermoë om take entoesiasties te benader en te voltooi met 'n eienaarskapmentaliteit.
Reservaat Onderhoudsbeampte (Man)
Die ideale kandidaat het ‘n toepaslike tegniese Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe instandhouding, herstel en diens van ‘n Wildreservaat se infrastruktuur en toerusting.
Bogenoemde gekoppel met jou basiese wild- en boerderykennis, sterk meganiese aanleg (konstruksie- en/of gebou-instandhouding, elektrisiteit pypwerk, pleisterwerk en algemene boukennis), sober gewoontes, geldige wapenhantering sertifisering, ‘n geldige Kode 10 bestuurslisensie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Kantoorbestuurderes (Vrou)
Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van algemene Kantoorbestuur met gesonde kliënteverhoudings
Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid (veral Microsoft Office), fyn oog vir detail, ‘n geldige Kode 8 bestuurslisensie, basiese boekhou- en rekeningkunde-vaardighede, jou hoë-energie met ’n sterk sin vir verantwoordelikheid en uitstekende organiseringsvaardighede. en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Egpare met skoolgaande kinders het toegang tot uitstekende Skole in Groblersdal.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 19 November 2025
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (6 slaapkamer huis), water, elektrisiteit en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur die skakel (link)