Bestuursegpaar: Wildplaas en Lodge

Bestuursegpaar: Wildplaas en Lodge picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wildplaas en Lodge in die Pienaarsrivier distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Bestuursegpaar om die Wildplaas en Lodge optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.

Die ideale Bestuursegpaar het meer as 10 jaar bewese ondervinding in Wildsplaas- en Hospitaliteitsbestuur, en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë het om die besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Plaasbestuurder (Man)

Die ideale kandidaat het ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) met ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Wildplaas en Lodge met gesonde kliënteverhoudings.

Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, geldige wapenhantering sertifisering, ‘n geldige bestuurslisensie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe bestuur van die Wildplaas
    • Algemene Instandhouding
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Plaassekuriteit en -netheid
    • Infrastruktuur instandhouding
    • Bestuur van indringerplante
    • Voedingsbestuur
    • Aankope en vorraadbestuur
    • Ontvang van Gaste
    • Uitneem van Gaste op wildbesigtiging uitstappies en ritte
    • Uitneem van Jagters op Jagte
    • Verwerking en afslag van karkasse
    • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas
  • Rekordhouding en Verslagdoening
  • Ander pligte soos verlang van eienaar van tyd tot tyd

Lodgebestuurderes (Vrou)

Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voorhuispligte
  • Kamerkontroles
  • Personeelopleiding
  • Aankope en verkryging
  • Voorraadbeheer
  • Onderhandel met verskaffers
  • Koördinering van dag-tot-dag Lodge aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van lodge-inventarisse
  • Kombuisbestuur
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n professionele Egpaar met die vermoë om die Plaas en Lodge te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Weens die afgeleë ligging van die Plaas en lang werksure van tyd-tot-tyd, gaan dit vir Egpare met kinders 'n uitdaging wees.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 September 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur die skakel (link)

Share on
Click here to contact us on WhatsApp