Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wildplaas en Lodge in die Groot Karoo in die Prins Albert distrik in die Weskaap, is opsoek na 'n ervare en energieke Bestuursegpaar om die Wildplaas en Lodge optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.
Die ideale Bestuursegpaar het uitgebreide kennis van Wildsplaas- en Hospitaliteitsbestuur, en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë om die besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.
Wildplaasbestuurder (Man)
Die ideale kandidaat het ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Wildplaas met gesonde kliënteverhoudings.
Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, ‘n geldige bestuurslisensie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Lodgebestuurderes (Vrou)
Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings
Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n professionele Egpaar wie gedrewe is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Weens die afgeleë ligging van die Plaas en lang werksure van tyd-tot-tyd, gaan dit vir Egpare met kinders 'n uitdaging wees.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 25 Julie 2025
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Doen asb aansoek as Egpaar deur die skakel(link)