Betaalstaat Administrateur

Betaalstaat Administrateur picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde landbou-onderneming in die Polokwane-omgewing, is op soek na ’n akkurate, betroubare en goed georganiseerde Betaalstaat Administrateur om verantwoordelikheid te neem vir die tydige en korrekte verwerking van lone/salarisse, asook administratiewe ondersteuning binne die Menslike Hulpbronne-funksie.

Hierdie pos vereis ’n kandidaat met sterk numeriese vermoë, uitstekende aandag aan detail en die vermoë om sensitiewe inligting met diskresie en integriteit te hanteer. Die ideale kandidaat sal gemaklik wees om in ’n dinamiese omgewing te werk waar akkuraatheid, sperdatums en goeie administratiewe dissipline van kritieke belang is.

Die ideale kandidaat beskik oor:

  • Graad 12 / Matriek
  • 2 - 4 jaar relevante ondervinding in betaalstaatadministrasie
  • Bewese ervaring in die verwerking van weeklikse en/of maandelikse betaalstate
  • Ervaring met groot seisoenale of uurlikse arbeidsmagte sal sterk aanbeveel word
  • Goeie kennis van Excel en sterk numeriese vaardighede
  • Kennis van klokstelsels en betaalstaatstelsels, spesifiek Farm Costing Solutions en Crest, sal tot voordeel strek
  • ’n Diploma of sertifikaat in Betaalstaatadministrasie, Finansies of ’n verwante rigting sal voordelig wees
  • Hoë vlak van akkuraatheid en aandag aan detail
  • Vermoë om vertroulike inligting professioneel te hanteer
  • Goeie organisasie-, tydsbestuur- en kommunikasievaardighede

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • Akkurate en tydige verwerking van weeklikse en/of maandelikse betaalstate
  • Vaslegging en verifiëring van werknemersure, oortyd en verlof
  • Instandhouding en opdatering van werknemers- en betaalstaatrekords
  • Hantering en oplossing van betaalstaatnavrae en verskille
  • Ondersteuning met algemene Menslike Hulpbronne-navrae vanaf werknemers
  • Administrasie van werknemersvoordele, insluitend verlof, bonusse en aftrekkings
  • Monitering en rekordhouding van bywoning, verlof en afwesigheid
  • Voorbereiding van dienskontrakte, briewe en Menslike Hulpbronne-dokumentasie
  • Instandhouding en opdatering van Menslike Hulpbronne-databasisse
  • Behoorlike liassering en rekordhouding van betaalstaat- en Menslike Hulpbronne-dokumentasie
  • Voorbereiding en indiening van betaalstaat- en Menslike Hulpbronne-verslae en rekonsiliasies
  • Koördinering van opleiding- en ontwikkelingsrekords
  • Ondersteuning tydens oudits en nakomingskontroles
  • Skakeling met diensverskaffers rakende dissiplinêre prosesse en arbeidsverhoudinge-administrasie

Die geskikte kandidaat sal die volgende eienskappe toon:

  • Uitstekende aandag aan detail
  • Integriteit en diskresie
  • Sterk administratiewe dissipline
  • Goeie probleemoplossingsvermoë
  • Betroubaarheid en verantwoordelikheid
  • Goeie tydsbestuur
  • Professionele kommunikasievaardighede
  • Vermoë om onder druk akkuraat te werk

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n ervare Betaalstaat Administrateur wat graag deel wil vorm van ’n stabiele en professioneel bestuurde landbou-omgewing. Die pos bied die regte kandidaat die geleentheid om ’n belangrike administratiewe en ondersteunende rol te vervul binne ’n onderneming waar akkuraatheid, vertroulikheid en verantwoordelike betaalstaatbestuur hoog geag word.

Diensaanvaarding: Onmiddelik

Sluitingsdatum: 5 Junie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Indien jy ’n toegewyde persoon is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp