Blokman

Blokman picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n bekende Slaghuis in die Dendron distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Blokman om verantwoordelik te wees vir die ontvangs en verwerking van Vleis in die Slaghuis.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Blokman met meer as 5 jaar ondervinding en goeie kennis van vleishigiëne en veiligheidstandaarde met werkende kennis van vleissnitte en -produkte. Basiese kennis van noodhulp sal in jou guns tel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netjies op self en werk, en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en skoon gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Totale Karkas verwerking
    • Bees, Skaap, Vark, Wild en Pluimvee
  • Verseker voldoening aan veiligheid- en sanitasiestandaarde
  • Neem deel aan gespesialiseerde vaardigheidsopleiding
  • Voer Handelsplanne uit en volg Maatskappyplanne
  • Verseker dat Vleisafdeling winsgewend is
  • Ontvang en aflaai van produk
  • Verseker kwaliteit van produk
  • Beheer departement uitgawes deur die verbetering van bedrywighede en voorkoming van vermorsing
  • Verseker dat toerusting veilig hanteer word
  • Bemarking en kontrolering van Mark verwagting
  • Beplanning vir seisoenale verandering in aankope en verkope
  • Identifisering van faktore wat produkte kwaliteit beïnvloed en bestuur daarvan

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur diè skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp