Bonsmara Stoetbestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende beesboerdery in die Baltimore-distrik in Limpopo, is op soek na ’n ervare en toegewyde Bonsmara Stoetbestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die doeltreffende, volhoubare en winsgewende bestuur van die stoetafdeling.
Hierdie sleutelpos vereis ’n kandidaat met meer as 5 jaar relevante ondervinding in die bestuur van ’n Bonsmara-stoet, asook ’n sterk begrip van stoettelingsbeginsels, kuddebestuur, genetiese seleksie, reproduksie, rekordhouding en algemene plaasbestuur. Die suksesvolle kandidaat moet ’n praktiese, verantwoordelike en selfgedrewe bestuurder wees wat trots neem in sy werk en ’n hoë standaard van uitvoering handhaaf.
Die ideale kandidaat beskik oor bewese ondervinding in die volledige bestuur van ’n beesstoet en is gemaklik om beide strategies en prakties betrokke te wees by die daaglikse bedrywighede van die onderneming.
Hoofverantwoordelikhede:
- Algehele bestuur van die Bonsmara-stoet
- Beplanning en implementering van teelprogramme
- Seleksie van diere volgens produksie- en genetiese doelwitte
- Bestuur van dekseisoene, KI-programme en reproduksieprosesse
- Monitering van kuddegesondheid en algemene dierprestasie
- Rekordhouding van stoetdata, produksie-inligting en prestasie
- Toesig oor voeding, veldbestuur en algemene kondisie van diere
- Voorbereiding van diere vir veilings, skoue en bemarking waar van toepassing
- Bestuur van personeel binne die stoetafdeling
- Instandhouding en beheer van infrastruktuur, heinings, waterpunte en toerusting
- Verseker dat die stoet volgens hoë standaarde en beste praktyke bestuur word
Minimum vereistes:
- Minimum 5 jaar plus relevante ondervinding in die bestuur van ’n Bonsmara-stoet
- Sterk kennis van beesgenetika, teelwaardes en seleksiebeginsels
- Ondervinding met reproduksiebestuur, kuddegesondheid en prestasiemonitering
- Goeie administratiewe vermoë en rekordhouding
- Vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem
- Sterk leierskap- en bestuursvermoë
- Praktiese ingesteldheid
- ’n Toepaslike landboukwalifikasie sal voordelig wees
Die ideale kandidaat:
Die ideale persoon vir hierdie rol is ’n volwasse, stabiele en doelgerigte stoetbestuurder met ’n ware passie vir Bonsmara-beeste en stoetverbetering. Hy moet detailgedrewe wees, goeie oordeel aan die dag lê en die vermoë hê om die stoet op ’n professionele en resultategedrewe wyse te bestuur.
’n Mededingende vergoedingspakket sal aangebied word volgens ervaring, kundigheid en die waarde wat die kandidaat tot die onderneming kan toevoeg.
Indien jy oor die nodige ervaring, passie en bestuursvermoë beskik om ’n Bonsmara-stoet suksesvol te bestuur, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel👉 [aansoek]
Sluitingsdatum: 26 April 2026
Diensaanvaarding: So gou as moontlik