Debiteure en Krediteure Klerk

Debiteure en Krediteure Klerk picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Swartwater distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare Debiteure en Krediteure Klerk om aan te sluit by die Finansiële Span.

Die ideale kandidaat het 'n passie vir Landbou, het 'n toepaslike naskoolse kwalifikasie, met 1 - 5 jaar werkende kennis van Debiteure en Krediteure.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou Rekenaarvaardig in Microsoft Office en rekeningkundige sagteware (veral Zero), eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe, eerlikheid, betroubaarheid en hoë werksetiek met 'n positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Verantwoordelik vir algemene administratiewe pligte wat verband hou met debiteure en krediteure
  • Laai van debiteure en krediteure
  • Skep en uitreik van fakture
  • Maandelikse Rekonsiliasies
  • Maandelikse BTW verslae
  • Versoen betalings
  • Ondersoek alle navrae wat voortspruit uit die verwerking van debiteure en krediteure
  • Bestuur kliënterekeninge
  • Kontak debiteure oor betalingstatus
  • Lewer uitsonderlike kliëntediens
  • Liasseer en onderhou alle dokumentasie
  • Verleen ondersteuning aan die Finansiëlebestuurder
  • Enige ander ad hoc-pligte

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te neem binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 November 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf en gratis behuising word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp