Dieselwerktuigkundige

Dieselwerktuigkundige picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Landboukontrakteur wat werk oor Suid-Afrika, is opsoek na 'n ervare, energieke en verantwoordelike Dieselwerktuigkundige wat verantwoordelik sal wees vir die diensbaarheid van die Vloot Kuilvoerkerwers en ander Toerusting.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (aanbeveel) met meer as 5 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van plaasvoertuie, -werktuie en -implemente.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Diens, instandhouding en herstel van toerusting
  • Alle gereedskap en toerusting beheer en bestuur
  • Verseker dat alle toerusting diensbaar is ten alle tye
  • Bystanddiens
  • Effektiewe bestuur van die afdeling
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Die Pos is gebaseer in die Ooskaap, maar daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om uit-te-slaap soos en wanneer nodig.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 7 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf met 'n aantreklike prestasiebonus word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp