Dieselwerktuigkundige

Dieselwerktuigkundige picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Saaiboerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare, energieke en ervare Dieselwerktuigkundige wat verantwoordelik sal wees vir die diensbaarheid van die Boerdery se Vloot Trekkers, Stropers en ander Toerusting.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (aanbeveel) met meer as 5 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van plaasvoertuie, -werktuie en -implemente.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Diens, instandhouding en herstel van toerusting
  • Alle gereedskap en toerusting beheer en bestuur
  • Verseker dat alle toerusting diensbaar is ten alle tye
  • Bystanddiens
  • Effektiewe bestuur van die afdeling
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 10 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp