Senior Dieselwerktuigkundige
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende boerdery in die Vryburg-distrik, is op soek na ’n betroubare en ervare Dieselwerktuigkundige om verantwoordelikheid te neem vir die instandhouding en diensbaarheid van die boerdery se voertuie, implemente en toerusting.
Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n praktiese en selfstandige persoon met ’n sterk meganiese agtergrond wat reeds vir ’n aantal jare in ’n landbou-omgewing werksaam is en wat trots isd op goeie vakmanskap en netjiese werk.
Die ideale kandidaat het oor ongeveer 10 jaar ondervinding as Dieselwerktuigkundige of Plaasmeganikus, met goeie praktiese kennis van trekkers, bakkies, implemente en algemene plaastoerusting. Ondervinding binne ’n boerdery-omgewing sal ’n sterk aanbeveling wees.
Ons soek ’n kandidaat met ’n stabiele persoonlike agtergrond en bewese werksgeskiedenis, wat verantwoordelikheid neem vir sy werk, betroubaar is en ’n langtermyn bydrae tot die boerdery kan maak. ’n Formele kwalifikasie as Dieselwerktuigkundige word sterk aanbeveel, maar sterk praktiese ondervinding sal ook oorweeg word.
Pligte sluit onder andere in:
- Diens, instandhouding en herstel van trekkers, bakkies en plaastoerusting
- Foutopsporing en herstel van meganiese probleme
- Algemene werkswinkelbestuur en beheer van gereedskap en toerusting
- Verseker dat voertuie en implemente diensbaar bly gedurende die seisoen
- Voorkomende instandhouding om stilstand te beperk
- Netjiese en deeglike uitvoering van alle werksopdragte
- Ander redelike pligte soos van tyd tot tyd deur bestuur verlang
Hierdie pos bied ’n stabiele werksomgewing vir ’n ervare Werktuigkundige wat graag vir ’n boerdery wil werk en wat trots neem in betroubare diens en kwaliteit werk.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 18 Maart 2026
’n Mededingende salaris eie aan die bedryf, asook toepaslike werksvoordele, word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]