Dieselwerktuigkundige en Algemene Onderhoudsbestuurder
Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Jan Kempdorp distrik in die Noordkaap, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Dieselwerktuigkundige om verantwoordelikheid te neem vir die diensbaarheid van die Boerdery se plaasvoertuie, -implemente, -werktuie, -toerusting en infrastruktuur.
Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (aanbeveel) met meer as 5 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van plaasvoertuie, -werktuie en -implemente.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Diens, instandhouding en herstel van trekkers, bakkies, en ander plaastoerusting
- Alle gereedskap en toerusting beheer en bestuur
- Verseker dat alle plaastoerusting diensbaar is ten alle tye
- Bystanddiens oor naweke in plant- en oestyd
- Betrokkenheid wanneer lusern en pekaneute gewerk word
- Effektiewe bestuur van die afdeling
- Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
- Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 9 Februarie 2026
Mededingende salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, mini bonus, behuising, en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar