Dieselwerktuigkundige: Grondverkuiwingstoerusting

Dieselwerktuigkundige: Grondverkuiwingstoerusting picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery met belange in 'n Grondverkuiwings Maatskappy in die Weskaap, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Dieselwerktuigkundige om verantwoordelikheid te neem vir die diensbaarheid van die Maatskappy se voertuie en -werktuie.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (vereiste), het 'n kode 14 bestuurslisensie (vereiste) met meer as 5 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van Grondverkuiwingstoerusting.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bo-gemiddelde kommunikasievermoë, eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Diens, instandhouding en herstel van Grondverkuiwingstoerusting. (Volvo, Komatsu, Bell en Caterpillar)
  • Alle gereedskap en toerusting beheer en bestuur
  • Vooraadbeheer en -bestuur
  • Verseker dat alle toerusting diensbaar is ten alle tye
  • Bystanddiens
  • Effektiewe bestuur van die afdeling
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Diensaanvaarding: Januarie 2026

Aansoeke sluit: 12 November 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, voorsorgfonds, behuisingstoelaag, en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp