Dieselwerktuigkundige – Landboutoerusting

Dieselwerktuigkundige – Landboutoerusting picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde landbou-onderneming in die Mooirivier-distrik van KwaZulu-Natal, is opsoek na ’n ervare, praktiese en betroubare Dieselwerktuigkundige om verantwoordelikheid te neem vir instandhouding, herstelwerk en foutopsporing op landboutoerusting, voertuie en verwante masjinerie.

Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n kandidaat wat gemaklik is in ’n werkswinkelomgewing, maar ook bereid en bekwaam is om veldwerk en nooddienste te hanteer. Die suksesvolle kandidaat moet tegnies sterk wees, selfstandig kan werk en ’n praktiese ingesteldheid hê om probleme vinnig, netjies en doeltreffend op te los.

Minimum Vereistes

  • 5 – 10 jaar toepaslike ondervinding as Dieselwerktuigkundige
  • Praktiese ondervinding op landboutoerusting en plaasmasjinerie
  • Goeie kennis van trekkers, implemente, vragmotors en algemene plaasvoertuie
  • ’n Gekwalifiseerde Rooiseël kwalifikasie as Dieselwerktuigkunde word aanbeveel
  • Geldige bestuurslisensie
  • Vermoë om selfstandig, akkuraat en onder druk te werk
  • Bereidheid om beide werkswinkel- en velddienswerk te verrig

Vorige ondervinding op kuilvoerkerwers, -toerusting, vragmotors en verwante -masjinerie sal tot voordeel wees, maar is nie ’n absolute vereiste nie.

Sleutelverantwoordelikhede

  • Instandhouding, diens en herstel van landboutoerusting en masjinerie
  • Foutopsporing en herstelwerk aan trekkers, implemente, vragmotors en plaasvoertuie
  • Werkswinkelwerk sowel as veldherstelwerk
  • Voorkomende instandhouding om stilstandtyd te beperk
  • Praktiese probleemoplossing
  • Netjiese rekordhouding van dienste, herstelwerk en onderdele waar nodig
  • Samewerking met bestuur en operasionele personeel om toerusting betroubaar en beskikbaar te hou

Die ideale kandidaat is ’n praktiese, verantwoordelike en tegnies bekwame persoon wat trots is op netjiese vakmanskap. Hy moet betroubaar wees, aandag aan detail hê en verstaan hoe belangrik goed onderhoude toerusting binne ’n landbou-omgewing is. Hierdie pos sal pas by iemand wat nie bang is om hande vuil te maak nie en wat oplossingsgedrewe werk, hetsy in die werkswinkel of buite in die veld.

’n Mededingende salaris word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 21 Junie 2026

Kandidate wat aan die vereistes voldoen en oor toepaslike landbou- en dieselwerktuigkundige ondervinding beskik, word aangemoedig om aansoek te doen deur die skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp