Egpaar: Instandhouding-/Onderhoudsbeampte en Admin/Beesstoet Ondersteuning

Egpaar: Instandhouding-/Onderhoudsbeampte en Admin/Beesstoet Ondersteuning picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n dinamiese en groeiende boerdery in die Swartwater-distrik van Limpopo, is op soek na ’n ervare, praktiese en betroubare egpaar wat saam met die eienaar verantwoordelikheid kan neem vir die effektiewe, winsgewende en volhoubare bestuur van die boerdery.

Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n egpaar wat nie net werk soek nie, maar werklik wil wortels skiet, verantwoordelikheid neem en deel word van ’n boerdery waar netheid, dissipline, betroubaarheid, praktiese vaardigheid en eienaarskapmentaliteit nie onderhandelbaar is nie.

Onderhoud- en Instandhoudingseampte

Die ideale kandidaat is ’n gekwalifiseerde Millwright/Ketelmaker/Elektrisiën of ’n baie sterk praktiese plaaswerktuigkundige met bewese ondervinding in die instandhouding, diens en herstel van plaasvoertuie, trekkers, implemente, besproeiingstoerusting en algemene plaas-infrastruktuur.

Hierdie is nie ’n pos vir iemand wat slegs basiese herstelwerk kan doen nie. Die suksesvolle kandidaat moet selfstandig fout kan opspoor, praktiese herstelbesluite kan neem, skade kan voorkom, toerusting diensgereed hou en in seisoentye onder druk kan funksioneer.

Minimum vereistes:

  • 5+ jaar toepaslike plaasinstandhoudingservaring
  • Sterk praktiese kennis van trekkers, bakkies, implemente, pompe, besproeiing en plaastoerusting
  • Bewese vermoë om foutdiagnose te doen en nie net parte te vervang nie
  • Goeie sweis-, staalwerk- en algemene herstelvaardighede
  • Ervaring met voorkomende instandhouding en diensskedules
  • Bereidheid om ongereelde ure
  • Netjiese, verantwoordelike en kostebewuste werkswyse
  • Landbou-, gewasproduksie-, besproeiing- of beeskuddekennis sal sterk in jou guns tel

Kernpligte:

  • Diens, instandhouding en herstel van trekkers, bakkies, implemente en ander plaastoerusting
  • Daaglikse beheer van gereedskap, toerusting en werkswinkelnetheid
  • Voorkomende instandhoudingsbeplanning en diensrekords
  • Verseker dat toerusting voor plant-, spuit- en oestyd diensbaar is
  • Noodherstelwerk en bystand tydens piekseisoene
  • Praktiese ondersteuning met besproeiing, pompe en algemene plaasinfrastruktuur
  • Effektiewe uitvoering van daaglikse take volgens bestuur se prioriteite
  • Ander plaasverwante pligte

Admin-/Beesstoet Ondersteuning

Die ideale kandidaat beskik oor goeie administratiewe vaardighede, rekenaarvaardigheid en ’n praktiese begrip van boerdery-administrasie. Ervaring met beesstoetadministrasie, kudderekords, finansiële rekords, lone, krediteure/debiteure of kantoorbestuur sal sterk in jou guns tel.

Minimum vereistes:

  • 2-5 jaar toepaslike administratiewe of boerdery-kantoorervaring
  • Goeie MS Word- en Excel-vaardighede
  • Akkuraatheid met syfers, rekords en sperdatums
  • Goeie kommunikasie- en taalvaardighede
  • Diskresie, betroubaarheid en netjiese administratiewe gewoontes
  • Ervaring met beesstoet-, kudde- of landbou-administrasie sal ’n sterk aanbeveling wees

Kernpligte:

  • Algemene kantoor- en administratiewe bestuur
  • Administratiewe ondersteuning aan bestuur
  • Rekordhouding van finansiële transaksies
  • Krediteure, debiteure, lone en salarisse
  • Belasting- en basiese finansiële administrasie
  • HR-ondersteuning en personeeldokumentasie
  • Bees-, stoet- of kudde-administrasie waar van toepassing
  • Tydige afhandeling van administratiewe sperdatums
  • Ander administratiewe pligte soos deur bestuur versoek

Ons soek ’n egpaar wat:

  • eerlik, stabiel en betroubaar is;
  • werk sien en selfstandig optree;
  • verantwoordelikheid neem asof dit hul eie boerdery is;
  • prakties, netjies en kostebewus werk;
  • onder druk kalm en oplossingsgerig bly;
  • langtermyn wil inskakel by ’n groeiende boerdery;
  • bereid is om deur ’n deeglike keuringsproses, praktiese vaardigheidstoets en verwysingskontrole te gaan.

Vergoeding en voordele:

’n Markverwante pakket eie aan die bedryf word aangebied, insluitend gratis behuising, elektrisiteit, Wi-Fi, ’n voertuig vir werksdoeleindes en ’n onderhandelde prestasiebonus.

Diensaanvaarding: So gou moontlik / onderhandelbaar
Aansoeke sluit: 15 Julie 2025

Doen asseblief as egpaar aansoek deur die skakel

Share on
Click here to contact us on WhatsApp