Egpaar: Menslike Hulpbronbestuurder en Administrasiebeampte

Egpaar: Menslike Hulpbronbestuurder en Administrasiebeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Vivo distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Bestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die Boerdery se Menslike Hulpbronbestuur en 'n ge-organiseerde Administrasiebeampte met 'n fyn oog vir detail wat verantwoordelik sal wees vir die Boerdery se Algemene Administrasie.

Menslike Hulpbronbestuurder

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Tersiêre Kwalifikasie in Menslike Hulpbronne met 'n nagraadse kwalifikasie in Arbeidsreg, 5 - 10 jaar toepaslike ondervinding as Menslike Hulpbronbestuurder, bewese ervaring in Arbeidsverhoudinge in ‘n vakbond georganiseerde omgewing en ervaring van organisasie ontwikkeling.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou professionele kommunikasie- en taalvaardighede, gevorderde rekenaarvaardighede en menslike hulpbronne stelsels, positiewe ingesteldheid, sterk leierseieinskappe, finansiёle en begroting bestuur, goeie beplanning, besluitneming en organisering vaardighede, strategiese besigheidsbestuur, goeie onderhandelingsvermoё, projekbestuur, verslaggewing, vergoedingstelsels en praktyke, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ontwikkeling en implimentering van die Menslike Hulpbronne strategie, beleid en praktyk om die Boerdery se besigheidsdoelwitte te bereik
  • Bestuur personeel binne Menslike Hulpbronne afdeling
  • Bestuur van finansies van die Menslike Hulpbronne afdeling
  • Ontwikkel en bestuur die menslike hulpbronne strategie vir die Groep
  • Lewer menslike hulpbron gerigte ondersteuning en advies aan bestuur en die groep, wat insluit tendense en ontwikkeling van MHB en beste praktyke
  • Organisasie ontwikkeling
  • Kollektiewe bedinging op vloervlak en formele platvorms soos bedindingingsrade
  • Verseker voldoening aan alle arbeidsverhoudinge en menslike hulpbron verwante wetgewing en regulasies
  • Die effektiewe funksionering van die vergoedingstelsel en menslike hulpbronne administrasie
  • Motiverende en positiewe ingesteldheid teenoor personeel
  • Entoesiastiese interne opleiding vir personeel aanbied en akkurrate rekordhouding en dokumentering daarvan
  • Identifisering van leemtes in praktyk en optrede daarvolgens om leemtes/tekorte aan te spreek
  • Prioritisering van verskeie belangrike pligte
  • Om effektief onder druk te funksioneer wanneer dit vereis word

Administrasiebeampte

Die ideale kandidaat het 2 - 5 jaar ondervinding as Administrasiebeampte met werkende kennis van BTW, Boerdery rekeningkundige praktyke en Kantooradministrasie.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie kommunikasie- en taalvaardighede, rekenaarvaardig (MS word, excel), vermoë om effektief onder druk te funksioneer, goeie interpersoonlike vaardighede, rekenkundige insig, syfervaardig, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Administratiewebestuur
  • Administratiewe steun aan Bestuur
  • Menslikehulpbronne
  • Administrasie van lone en salarisse
  • Byhou van finansiële rekords
  • Belastingadministrasie
  • Krediteure en Debiteure
  • Begrotingsbestuur en rekordhouding van Finansiële Transaksies
  • Tydige afhandeling en behaal sperdatums
  • Enige ander pligte soos versoek deur Bestuur

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n Egpaar wat wil wortels skiet by 'n dinamiese Boerdery.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 6 Mei 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek deur die skakel as Egpaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp