Egpaar: Onderhoudsbeampte en Admin Dame

Egpaar: Onderhoudsbeampte en Admin Dame picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Lichtenburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare en kundige Onderhoudsbeampte en Admin Dame om deel te word van hulle dinamiese Span.

Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte:

Die ideale kandidaat is sterk meganies, met 'n Rooiseel "Millwright"/Elektriese Kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding tot die posisie (veral m.b.t tot spilpunte, braaikuikenhuise en plaastoerusting), netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en akkuraat gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Werkswinkel- en Operasionelebestuur
    • Effektiewe bestuur van die afdeling
    • Bestuur van onderdelevoorraad en bestellings
    • Monitering en koördinering van dienste
    • Beroepsveiligheidbestuur
    • Alle gereedskap en toerusting beheer en bestuur
    • Verslagdoening en ondersoeke
    • Prioritiseer van daaglikse take
    • Kwaliteitsbestuur en -administrasie
    • Personeelbestuur
    • Algemene administrasie en rekordhouding
    • Ad hoc-take
    • Netheid in en om die Werkswinkel
  • Alle instandhouding, diens en herstel van plaastoerusting en -infrastruktuur
  • Roetine- en voorkomende instandhoudingtake
  • Bestuur van elektrisiteit-, braaikuikenhuise- en spilpuntinfrastruktuur
  • Vlootbestuur
  • Verseker dat alle toerusting diensbaar is ten alle tye
  • Bystanddiens oor naweke en na-ure
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang

Admin Dame:

Die ideale kandidaat het 2 – 10 jaar ondervinding in Kantooradministrasie, is lewenslustig en het ‘n vriendelike ge-aardheid met ‘n bo-gemiddelde professionele diensingesteldheid.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende kommunikasievermoë, ingesteldheid op “detail”, netheid op self en werksplek, vermoë om akkuraat teen ‘n vinnige tempo te werk en effektief onder druk kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Algemene dag tot dag kantooradministrasie
  • Telefoniese en elektroniese korrespodensie
  • Elektroniese boekhouding en fisiese liasering van fakture
  • Allokeering van uitgawes en aankope volgens onderafdelings van boerdery
  • Inlees van Eskom lesings
  • Voorraadopnames en voorraadbestuur
  • Personeeladministrasie (registers, afwesigheid en verlof)
  • Bestuur en administrasie van diesel (registers en rebatte)
  • Algemene rekonsiliasies
  • Bestuur van netheid en instandhouding van kantoor en perseel.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 27 Oktober 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Om aansoek te doen as Egpaar gebruik asb diè skakel (link)

Om aansoek te doen vir slegs die Onderhoudsbeampte Pos, gebruik asb diè skakel(link)

Share on
Click here to contact us on WhatsApp