Egpaar: Plaasbestuurder & Plaas-/Finansiële Administrateur
Is julle ’n praktiese, betroubare egpaar wat graag saam waarde wil toevoeg binne ’n gevestigde boerdery-omgewing?
Hierdie geleentheid in die Edenville-distrik in die Vrystaat is ideaal vir ’n jong egpaar waar die een persoon sterk is in praktiese plaasbestuur, produksie, vee en mensebestuur, terwyl die ander persoon akkuraat, administratief sterk en gemaklik met finansiële prosesse is.
Dit is ’n rol vir mense wat plaaslewe verstaan, verantwoordelikheid aanvaar en op soek is na ’n langtermyn-geleentheid waar hulle saam kan inskakel en stabiliteit kan bou.
Die boerdery is ’n gevestigde gemengde landbou-onderneming met ’n praktiese en diverse werksomgewing. Die bedrywighede sluit ’n melkery, saaiboerdery vir voerproduksie, oulandsgrasproduksie en ’n kommersiële vleisbeeskudde in.
Die omgewing vra mense wat gemaklik is met daaglikse praktiese druk, seisoenale werk, beplanning, opvolg, werkersbestuur en netjiese administratiewe beheer.
Hierdie geleentheid sal pas by ’n egpaar wat graag saam in ’n landelike plaasomgewing wil woon en werk. Die Plaasbestuurder moet prakties, selfstandig en verantwoordelik wees, met die vermoë om werkers te bestuur en die eienaar in die daaglikse boerderybedrywighede te ondersteun.
Die Plaas-/Finansiële Administrateur moet akkuraat, sistematies en betroubaar wees, met goeie syfervernuf, sterk administratiewe dissipline en die vermoë om struktuur en beheer in die boerdery se administrasie te bring.
Doel Van Die Rolle
Die egpaar sal saam ’n belangrike ondersteunende rol in die boerdery vervul.
Die Plaasbestuurder sal verantwoordelik wees vir praktiese betrokkenheid by voerproduksie, vleisbeeste, algemene plaaswerk, instandhouding en werkersbestuur.
Die Plaas-/Finansiële Administrateur sal verantwoordelik wees vir algemene plaasadministrasie, basiese finansiële verwerking, rekords, kontroles, voorraad, diesel, lone en administratiewe ondersteuning aan bestuur.
Sleutelverantwoordelikhede: Plaasbestuurder
- Bestuur en uitvoering van voerproduksie-aktiwiteite
- Betrokkenheid by mielies vir kuilvoer en oulandsgrasproduksie
- Daaglikse bestuur en toesig oor vleisbeeste
- Algemene plaasonderhoud en praktiese instandhouding
- Toesig oor en bestuur van plaaswerkers
- Ondersteuning aan die eienaar met breër daaglikse boerderybestuur
- Beplanning, uitvoering en opvolg van daaglikse take
- Verseker dat werk netjies, betyds en verantwoordelik afgehandel word
Sleutelverantwoordelikhede: Plaas-/Finansiële Administrateur
- Hantering van algemene plaasadministrasie
- Basiese boekhouding en finansiële administratiewe ondersteuning
- Pastel-verwerking en relevante administratiewe rekordhouding
- Dieselbeheer en verwante rekonsiliasies
- Voer- en voorraadbeheer
- Opvolg en verwerking van werkersure
- Hantering van lone en betaalstaatverwante administrasie
- Excel-verslae, kontroles en administratiewe skedules
- Ondersteuning aan bestuur met daaglikse administratiewe prosesse
- Verseker dat rekords akkuraat, volledig en op datum gehou word
Minimum Vereistes: Plaasbestuurder
- 3 tot 5 jaar toepaslike ondervinding in gemengde boerdery
- Tersiêre landboukwalifikasie word aanbeveel
- Praktiese ondervinding in voerproduksie, saaiboerdery en/of beesboerdery
- Goeie algemene plaas- en instandhoudingsvaardighede
- Sterk menseverhoudings en die vermoë om plaaswerkers effektief te bestuur
Minimum Vereistes: Plaas-/Finansiële Administrateur
- 3 tot 5 jaar toepaslike ondervinding in administrasie of finansiële administrasie
- Praktiese Pastel-ervaring
- Goeie basiese boekhoudkundige kennis
- Sterk Excel-vaardighede
- Ondervinding in voorraadbeheer sal voordelig wees
- Ondervinding met lone, werkersure en betaalstaatadministrasie
- Baie goeie akkuraatheid met syfers en administratiewe detail
- Goeie menseverhoudings en die vermoë om met plaaswerkers te skakel
- Plaasagtergrond of blootstelling aan landbou-administrasie sal tot voordeel wees
Persoonlike Eienskappe
- Betroubaar, lojaal en verantwoordelik
- Prakties ingestel en bereid om betrokke te wees
- Akkuraat, sistematies en deeglik
- Goeie kommunikasie en menseverhoudings
- Selfstandig, maar gemaklik om saam met die eienaar te werk
- Langtermyn-ingesteldheid en gemak met plaaslewe
'n Mededingende vergoedingspakket, netjiese behuising, vleisvergunning 2 x per jaar en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik
Sluitingsdatum: 16 Julie 2026
Belangstellende egpare wat aan die bogenoemde vereistes voldoen en hulself binne ’n praktiese gemengde boerdery-omgewing wil vestig, word uitgenooi om aansoek te doen deur die skakel👉 [aansoek]