Elektriese- en Werkswinkelbestuurder

Elektriese- en Werkswinkelbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Baltimore distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Elektriese- en Werkswinkelbestuurder om verantwoordelik te wees vir die instandhouding en diensbaarheid van die Boerdery se voertuie, trekkers, implemente, toerusting en infrastruktuur.

Die ideale kandidaat is getroud, 'n gekwalifiseerde Rooiseel Elektrisiën (vereiste) met meer as 5 jaar praktiese ervaring in elektriese onderhoud en installasie binne Landbou (aanbeveel). Verder het die ideale kandidaat sterk meganiese kennis (diesel, sweis- en staalwerk ens) en praktiese ervaring in die instandhouding van lugversorgers en koelkamers (aanbeveel).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, netjies op self en werk, en jou vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer met trots op jou werk, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Elektries
    • Onderhoud, instandhouding, installasie en foutopsporing op:
      • Boorgate, pompe en spilpunte
      • Pakhuis, huise en algemene plaas-infrastruktuur
      • Koelkamers en lugversorgers
      • Hoogspanningslyne
      • VSD programmering op motors in PLC gedrewe masjienerie
      • Algemene bedrading en herstel
  • Werkswinkelbestuur
    • Bestuur van die werkswinkel se daaglikse funksionering.
    • Instandhouding, diens en herstelwerk van implemente, plaastoerusting en ander relevante meganiese komponente
    • Beplanning en prioritisering van onderhoudsprogramme om stilstand te beperk
    • Sweis- en Staalwerk
    • Bestuur van onderdelevoorraad en bestellings
    • Beroepsveiligheidbestuur
    • Verslagdoening en ondersoeke
    • Prioritiseer van daaglikse take
    • Kwaliteitsbestuur en -administrasie
    • Algemene Rekordhouding
    • Ad hoc-take
    • Netheid in en om die Werkswinkel

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 15 Februarie 2026

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp