Elektriese- en Werkswinkelbestuurder

Elektriese- en Werkswinkelbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n dinamiese en professioneel bestuurde boerdery in die Baltimore-distrik van Limpopo, is op soek na ’n ervare, praktiese en verantwoordelike Elektriese- en Werkswinkelbestuurder om ’n sleutelrol binne die instandhouding en tegniese funksionering van die boerdery te vervul.

Hierdie pos is ideaal vir ’n kandidaat wat nie net sterk elektriese kundigheid het nie, maar ook oor die praktiese meganiese insig beskik om voertuie, trekkers, implemente, toerusting en plaas-infrastruktuur diensbaar, veilig en operasioneel te hou.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die doeltreffende bestuur van elektriese instandhouding, foutopsporing, installasies, werkswinkelbeheer, voorkomende onderhoud en algemene tegniese ondersteuning binne ’n besige landbou-omgewing.

Ons soek ’n kandidaat met ’n sterk eienaarskapmentaliteit, trots in sy werk, goeie dissipline, netjiese werksgewoontes en die vermoë om selfstandig, akkuraat en betroubaar te funksioneer.

Minimum Vereistes:

  • Gekwalifiseerde Rooiseel Elektrisiën – vereiste
  • Minimum 5 jaar praktiese ervaring in elektriese onderhoud en installasie
  • Landbou-ervaring sal sterk tot aanbeveling strek
  • Sterk meganiese kennis en praktiese probleemoplossingsvermoë
  • Ervaring met dieselmeganika, sweiswerk en staalwerk sal voordelig wees
  • Praktiese ervaring met lugversorgers en koelkamers sal tot aanbeveling strek
  • Bereidheid om ongereelde ure te werk wanneer operasionele vereistes dit noodsaak
  • Netjies op self, toerusting en werksomgewing
  • Vermoë om onafhanklik te funksioneer en verantwoordelikheid te neem
  • Getroude kandidaat sal voorkeur geniet

Sleutelverantwoordelikhede:

Elektriese Instandhouding en Foutopsporing

  • Onderhoud, foutopsporing, herstel en installasie van elektriese stelsels
  • Instandhouding van boorgate, pompe en spilpunte
  • Elektriese werk by pakhuisfasiliteite, huise en algemene plaas-infrastruktuur
  • Onderhoud en ondersteuning op koelkamers en lugversorgers
  • Werk aan hoogspanningslyne waar toepaslik
  • VSD-programmering op motors in PLC-gedrewe masjinerie
  • Algemene bedrading, foutopsporing en herstelwerk

Werkswinkelbestuur en Meganiese Ondersteuning

  • Bestuur van die werkswinkel se daaglikse funksionering
  • Beplanning, prioritisering en uitvoering van onderhoudsprogramme
  • Instandhouding, diens en herstel van implemente, plaastoerusting en relevante meganiese komponente
  • Beperking van stilstand deur voorkomende onderhoud en vinnige foutopsporing
  • Sweiswerk, staalwerk en algemene praktiese herstelwerk
  • Bestuur van onderdelevoorraad en bestellings
  • Netheid, orde en dissipline in en om die werkswinkel

Administrasie, Veiligheid en Verslagdoening

  • Beroepsveiligheidsbestuur binne die tegniese en werkswinkelomgewing
  • Verslagdoening oor herstelwerk, ondersoeke en onderhoudsbehoeftes
  • Prioritisering van daaglikse take
  • Kwaliteitsbeheer en relevante administrasie
  • Algemene rekordhouding
  • Ad hoc-take soos deur die boerdery vereis

’n Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ’n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 24 Junie 2026

Indien jy ’n toegewyde en ervare Elektrisiën is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp