Elektrisiën
Ons gewaardeerde kliënt, ’n vooruitstrewende kommersiële boerdery in die Tolwe-distrik in Limpopo, is opsoek na 'n praktiese Elektrisiën om eienaarskap te neem van elektriese instandhouding, foutopsporing, ondersteuning met nakoming en voortdurende verbeterings regoor die boerdery.
Hierdie rol vereis ’n kandidaat met ’n eienaarskapmentaliteit, iemand wat die boerdery se infrastruktuur en veiligheidstandaarde as ’n persoonlike verantwoordelikheid hanteer, en trots is om werk reg, veilig en konsekwent te doen.
Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Elektrisiën (aanbeveel) met 5 - 10 jaar relevante ondervinding (verkieslik in ’n plaas-/landbou-/industriële omgewing) en is sterk met elektriese foutopsporing en instandhouding met 'n goeie begrip van veiligheidspraktyke en elektriese standaarde.
Pligte:
- Onderhoud, instandhouding, installasie en foutopsporing op:
- Boorgate, pompe en spilpunte
- Pakhuis, huise en algemene plaas-infrastruktuur
- Koelkamers en lugversorgers
- Hoogspanningslyne
- VSD programmering op motors in PLC gedrewe masjienerie
- Algemene bedrading en herstel
- Beplanning en uitvoering van voorkomende instandhouding
- Ondersteuning met nakoming, basiese dokumentasie en veilige werksprosedures
- Identifiseer risiko’s, stel verbeterings voor en help met opgraderings waar nodig
- Werk onafhanklik én as deel van die operasionele span, veral tydens spitsperiodes
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 9 Maart 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]