Elektrisiën

Elektrisiën picture

Ons kliënt, ’n gevestigde Gemengde Boerdery in die Lichtenburg distrik, is op soek na ’n betroubare, praktiese en ervare Elektrisiën om by hul tegniese span aan te sluit. Die pos sal hoofsaaklik fokus op die hoenderproduksie-afdeling van die boerdery en behels tegniese onderhoud, foutopsporing en herstelwerk binne ’n produksie-omgewing waar betroubare infrastruktuur en toerusting noodsaaklik is vir volgehoue produksie.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Elektrisiën (vereiste), tegnies vaardig met sterk elektriese en praktiese aanleg, wat onafhanklik kan werk, vinnig probleme kan identifiseer en oplossings kan implementeer om stilstand tot die minimum te beperk.

Minimum Vereistes

  • Bewese elektriese vaardighede en ervaring
  • Ervaring met elektriese installasies, foutopsporing en herstelwerk
  • Sterk praktiese en tegniese probleemoplossingsvermoë
  • Basiese kennis van ’n landbou- of produksie-omgewing sal tot voordeel wees
  • Vermoë om onder druk te werk en vinnig besluite te neem
  • Moet selfstandig kan werk en inisiatief neem
  • Hoë vlak van betroubaarheid, verantwoordelikheid en werksetiek
  • Bereidheid om lang ure te werk wanneer operasionele vereistes dit noodsaak

Sleutelverantwoordelikhede

  • Elektriese onderhoud en herstelwerk op produksie-infrastruktuur en toerusting
  • Foutopsporing en herstel van elektriese stelsels
  • Algemene nutsman- en instandhoudingswerk
  • Verseker dat tegniese probleme vinnig opgelos word om produksie aan die gang te hou
  • Ondersteuning met algemene infrastruktuur- en tegniese herstelwerk op die terrein

Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n praktiese, oplossingsgedrewe persoon wat trots neem in sy werk en wat graag ’n belangrike rol wil speel om die operasionele doeltreffendheid van ’n belangrike produksie-afdeling te ondersteun.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf

Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp