Finansiële en Administratiewe Beampte

Finansiële en Administratiewe Beampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde boerdery in die Edenville-distrik, is op soek na ’n volwasse, betroubare en prakties ingestelde Finansiële en Administratiewe Beampte om ’n belangrike ondersteuningsrol binne die daaglikse funksionering van die boerdery te vervul.

Hierdie pos is ideaal vir ’n netjiese, verantwoordelike en selfstandige manlike kandidaat met sterk administratiewe vermoë, goeie finansiële dissipline en die praktiese ingesteldheid om ook logistieke en dorpsverwante take namens die boerdery te hanteer.

Die ideale kandidaat woon reeds in Kroonstad, of is bereid om daar gebaseer te wees, en sal daagliks vanaf Kroonstad na die plaas en terug reis. ’n Voertuig en diesel sal voorsien word vir werksverwante reis tussen Kroonstad en die plaas.

Minimum Vereistes

  • Manlike kandidaat met ’n volwasse en verantwoordelike benadering
  • 5 - 10 jaar toepaslike ondervinding in finansiële administrasie
  • Moet verkieslik in Kroonstad woonagtig wees
  • Goeie administratiewe en organisatoriese vermoë
  • Basiese finansiële kennis en ervaring met daaglikse kantooradministrasie
  • Geldige bestuurslisensie
  • Betroubaar, netjies en akkuraat
  • Vermoë om selfstandig te werk en verantwoordelikheid te neem
  • Sterk eienaarskapmentaliteit
  • Goeie kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede

Sleutelverantwoordelikhede

  • Daaglikse finansiële en administratiewe ondersteuning aan die boerdery
  • Hantering van algemene kantooradministrasie, dokumentasie en rekords
  • Ondersteuning met aankope, kwotasies en prysvergelykings
  • Onderhandeling met verskaffers waar nodig
  • Aankoop, oplaai en aflewering van onderdele, verbruiksgoedere en ander benodigdhede vanaf Kroonstad na die plaas
  • Daaglikse vervoer van werkers tussen die plaas en Kroonstad waar nodig
  • Algemene logistieke ondersteuning aan die plaasbestuur
  • Verseker dat take betyds, netjies en verantwoordelik afgehandel word
  • Optree as ’n betroubare skakel tussen die plaas, verskaffers en dorpsverwante dienste

Ons soek ’n volwasse, praktiese en betroubare persoon wat nie net administratief sterk is nie, maar ook gemaklik is met daaglikse reis, verskaffershantering, aankope, aflewerings en die verantwoordelike vervoer van personeel.

Hierdie is ’n geleentheid vir iemand wat trots neem in sy werk, verantwoordelikheid aanvaar en die boerdery se belange as sy eie hanteer.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 25 Junie 2026

Indien jy ’n toegewyde en ervare Indidvidu is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp