Finansiëlebeampte
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde boerdery in die Mareetsane distrik in die Noordwes Provinsie, is op soek na ’n ervare en kundige Finansiëlebeampte om volle verantwoordelikheid te neem vir die finansiëlebestuur, beheer en verslagdoening van die Boerdery.
Hierdie sleutelrol vereis ’n kandidaat met uitgebreide praktiese ondervinding in plaasrekeningkunde (aanbeveel), asook die vermoë om finansiële prosesse strategies te bestuur en operasionele besluitneming te ondersteun.
Kernverantwoordelikhede:
- Volledige bestuur en beheer van alle finansiële rekords
- Administrasie, optimalisering en indiening van diesel rebate
- Bestuur en toesig oor salarisse en betaalstaat
- Volledige hantering en indiening van BTW/PAYE/UIF
- Bestuur van krediteure en debiteure, insluitend kontrole en opvolg
- Bankrekonsiliasies, kontantvloeibestuur en finansiëlebeheer
- Opstel van akkurate en tydige finansiëleverslae
- Verseker nakoming van alle relevante wetlike en finansiële vereistes
- Identifisering van kostebesparingsgeleenthede en verbetering van finansiële prosesse
- Samewerking met bestuur om finansiële insig te verskaf ter ondersteuning van strategiese besluitneming
Minimum Vereistes:
- Minimum 5 – 10 jaar relevante ondervinding in ’n finansiële of rekeningkundige rol
- Bewese ervaring in plaasboekhouding en landbou-finansiëlebestuur (aanbeveel)
- Uitstekende kennis van diesel rebate, salarisse en BTW
- Sterk finansiële en analitiese vermoëns
- Hoë vlak van akkuraatheid, integriteit en professionele oordeel
- Gevorderde rekenaarvaardighede en ervaring met finansiële stelsels
- Vermoë om onafhanklik te funksioneer en verantwoordelikheid op senior vlak te dra
Persoonlike Eienskappe:
- Hoogsgedissiplineerd en gestruktureerd
- Uiters noukeurig en detailgeoriënteerd
- Betroubaar, diskreet en professioneel
- Sterk probleemoplossingsvermoë en besluitnemingsvaardighede
- Vermoë om onder druk te presteer en streng sperdatums te handhaaf
- Leierskapvermoë en die vermoë om rigting te gee waar nodig
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en elektrisiteit word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 20 April 2026
Indien jy ’n passie vir syfers en landbou het en opsoek is na ’n geleentheid waar jy werklik ’n verskil kan maak, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]