Finansiëlebestuurder/Ouditeur

Finansiëlebestuurder/Ouditeur picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n suksesvolle Boerdery in die Swartwater distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n ervare Finansiëlebestuurder/Ouditeur wat verantwoordelik sal wees vir die Finansïelebestuur van verskillende entiteite regoor die waardeketting binne die Boerdery, en wat direk aan die Eienaars sal rapporteer.

Die ideale kandidaat het ‘n passie vir Landbou, is ‘n BCom/BCom Rek gegradueerde, met voltooide SAIPA/SAIGR-artikels (aanbeveel) en het meer as 6 jaar ondervinding as Boekhouer of Finansiële Beampte met werkende kennis van Inkomstebelasting en BTW, asook rekeningkundige transaksies tot en met die opstel van finansiëlestate. Ondervinding in Landbou rekeningkundige praktyke en belasting sal in jou guns tel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou Rekenaarvaardig in Microsoft Office en rekeningkundige sagteware (veral Zero), analitiese vaardighede, eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe, eerlikheid, betroubaarheid en hoë werksetiek met ‘n positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Die verskaffing van insigte oor die finansiële gesondheid van die organisasie
  • Maandelikse bestuur van rekeninge en finansiële jaarstate
  • Lei die eksterne ouditfunksie en berei groep finansiële state voor vir oudit
  • Verseker dat die onderneming aan al sy statutêre en nakomingsverpligtinge voldoen
  • Dag-tot-dag kontantvloei- en kapitaaltoewysingsbestuur
  • Groepbatebestuur insluitend versekering
  • Produseer langtermyn sakeplanne
  • Ontwikkel en bestuur begrotings en finansiële stelsels/modelle
  • Voer sakemodellering en risikobepaling uit

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 November 2025

'n Aantreklike salarispakket word aangebied vir die Senior Posisie.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp