Finansiëlebestuurder/Rekenmeester
Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Landbou Maatskappy in Vryburg, is opsoek na ‘n ervare Finansiëlebestuurder wat verantwoordelik sal wees vir die Finansïele-administrasie, -inset en -state van die Maatskappy.
Die ideale kandidaat is ‘n BCom/BCom Rek gegradueerde, met voltooide SAIPA/SAIGR-artikels en meer as 5 jaar ondervinding as Rekenmeester of Finansiëlebestuurder (verkieslik in die Landbou) met indiepte ervaring in dieselrebatte, inkomstebelasting (trusts en maatskappye) en BTW, asook rekeningkundige transaksies tot en met die opstel van finansiëlestate.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardig in Microsoft Office en rekeningkundige sagteware, sakevernuf, analitiese vaardighede, eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe, eerlikheid, betroubaarheid en hoë werksetiek met ‘n positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Die verskaffing van insigte oor die finansiële gesondheid van die organisasie
- Opstel van maandelikse bestuurstate en kontantvloeiprojeksies
- Maandelikse bestuur van rekeninge en finansiële jaarstate
- Belasting beplanning rondom jaareinde
- Bestuur van bankaansoeke en kredietfasiliteite
- Opstel van bate- en slytasieregister vir SARS
- Verseker dat die onderneming aan alle statutêre en nakomingsverpligtinge voldoen
- Kapitaaltoewysingsbestuur
- Debiteure- en Krediteurebestuur
- Begrotingsbestuur
- Operasionele ondersteuning
- Ontwikkel en bestuur begrotings en finansiële stelsels/modelle
- Gereelde interaksie met Ouditeure
- Lei die eksterne ouditfunksie en berei groep finansiële state voor vir oudit
Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 Desember 2025
'n Aantreklike salarispakket word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar