Hoof Operasionele Beampte

Hoof Operasionele Beampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese en vooruitstrewende boerdery in die Dendron distrik in Limpopo, is opsoek na 'n kundige, ervare en pro-aktiewe Hoof Operasionele Beampte wie verantwoordelik sal wees vir die volle operasionele gereedheid van die boerdery se toerusting, werkswinkel en produksieprogram, met spesifieke fokus op beskikbaarheid, kostebeheer, beplanning en uitvoer. Hierdie is ’n senior bestuursrol met direkte impak op produksie-uitsette, kostebestuur en operasionele doeltreffendheid.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike kwalifikasie (aanbeveel) met bewese tegniese kennis van landbou-toerusting en werkende ervaring in werkswinkel- en vlootbestuur. Senior bestuurs- en operasionele ervaring in ’n groot produksie-omgewing sal sterk in jou guns tel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om begrotings te bestuur, kostedissipline te handhaaf, data-gedrewe besluitneming kan toepas en ’n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek vir hierdie senior rol. toon

Sleutelverantwoordelikhede

  • Verseker dat:
    • voldoende trekkers, trokke, implemente en ondersteunende toerusting beskikbaar en diensbaar is vir alle produksie siklusse
    • alle toerusting in goeie werkende toestand bly en tydig onderhou word
    • plant- en oesprogramme konsekwent op datum bly
    • instandhoudingskoste binne begroting beheer word
    • dieselverbruik aktief gemonitor en jaar-op-jaar verlaag word
    • pakhuise nie stilstaan weens swak beplanning of voorraadtekorte nie
    • werkswinkel-netheid en organisasie

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wie gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, elektrisiteit en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp