Uitvoerende Hoofplaasbestuurder

Uitvoerende Hoofplaasbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n ontwikkelende boerdery-onderneming in die suide van Namibië, is op soek na ’n Uitvoerende Hoofplaasbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die totale, effektiewe, winsgewende en volhoubare bestuur van die Plaas.

Die ideale kandidaat het ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie (sterk aanbeveel), met meer as 10 jaar senior ondervinding in die volledige produksiesiklus van gewasse en sterk blootstelling in besproeiingsbestuur, personeelbestuur, finansiële bestuur en operasionele beplanning.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, praktiese leierskap (“lei van voor af”), sterk dissipline, fyn oog vir detail en uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur en optimaliseer die volledige produksiesiklus
    • beplanning, plant, gewasbestuur, beskerming, oes en na-oes hantering
    • opstel en implementering van jaar- en maandelikse produksieplanne en werkskedules
  • Begroting- en finansiële bestuur
    • opstel, monitering, koste beheer, kontantvloei en maandelikse verslagdoening
    • kostebestuur per hektaar/per ton, marge-analise en opbrengs-optimalisering
  • Besproeiings- en waterbestuur
    • aankope, skedulering en instandhoudingsbeplanning
  • Personeelbestuur
    • werwing, opleiding, taaktoewysing, dissipline en prestasie-opvolg (KPI’s)
  • Voorraadbeheer
    • aankope, verskafferbestuur en streng rekordhouding (plantdatums, spuitrekords, water/elektrisiteit, voorraad)
  • Tegniese/operasionele probleemoplossing en instandhouding (masjinerie, pompe, implementering van SOPs)
  • Koördinering met agronome, tegnici, verskaffers en eienaars/bestuur
  • Dryf koste-effektiwiteit, veiligheid, netheid en voortdurende verbetering (stelseldenke)

Hierdie is ’n ideale geleentheid vir ’n dinamiese individu wat gedrewe is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer, ’n span aanspreeklik te hou, en ’n professionele gewasproduksie met trots, akkuraatheid en ’n sterk eienaarskapmentaliteit te bestuur.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 17 Maart 2026

’n Mededingende salaris gekoppel aan die Pos, prestasiebonus, en ander aanvullende voordele word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp