Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Suid Vrystaat, is opsoek na ‘n energieke, ervare, kundige en raakvat Hoofplaasbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die totale, effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Boerdery met al sy vertakkings.
Die ideale kandidaat het 'n toepaslike tersiêre kwalifikasie (sterk aanbeveel), met meer as 15 jaar ervaring in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n bees- en wildplaas, toerisme-, projek-, finansiële- en operasionelebestuur met indiepte ondervinding in algemene bestuur beginsels.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2026
Aansoeke sluit: 30 Oktober 2025
'n Aantreklike salaris, onderhandelde presatsiebonus, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar