Hoofplaasbestuurder/Algemene Bestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in Robertson distrik in die Weskaap, is opsoek na ‘n energieke, ervare, kundige en raakvat Uitvoerende Hoofplaasbestuurder/Algemene Bestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die totale, effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Boerdery met al sy vertakkings.
Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar ervaring in alle aspekte van die effektiewe Bestuur van 'n Vrugteplaas, meer spesifiek Steen- en Kernvrugte met 'n indiepte ondervinding in Algemene Bestuur beginsels.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, sterk dissipline, vermoë om effektief onder druk te funksioneer, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur die implementering van die strategie
- Die bestuur van die daaglikse bedrywighede in samewerking met die Afdelingbestuurders
- Begroting- en Finansiëlebestuur
- Opstel van jaar en maandelikse beplanning en strategie
- Koste effektiwiteit en produktiwiteit metings
- Algemene Personeelbestuur (werwing, aanstellings, lone, salarisse, verhogings en dissiplinêre optrede)
- Voorraad- en batebestuur
- Verhoudingsbestuur om die beeld van die Boerdery te bevorder
- Effektiewe beplanning
- Produksie aankope
- Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
- Algehele onderhoud en netheid van die plaas
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Algemene administrasie
- Sekuriteit van die Plaas
- Brandbestuur en -voorkoming
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 25 Januarie 2026
'n Aantreklike salaris, onderhandelde presatsiebonus, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar