Internskap
Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Melkboerdery in die Bethlehem distrik in die Vrystaat, het 'n opwindende geleentheid beskikbaar vir twee leergierige en raakvat individue wat die nodige kennis en vaardighede as wegspringplek het, om praktiese opleiding te ondergaan.
Die ideale kandidaat het matriek suksesvol voltooi (vereiste) of 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), met 'n passie vir Boer en 'n bogemiddelde dryf om diè passie uit te leef met die gepaardgaande verantwoordelikheid.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, rekenaargeletterdheid, uitstekende leierseienskappe, jou ingesteldheid op netheid en goeie kommunikasievermoë met goeie menseverhoudinge, sien ons uit na jou aansoek.
Praktiese opleiding sal onder andere die volgende insluit:
- Kuddegesondheid
- Behandelings, entings, hoefversorging
- Monitor
- Melkstalprosedures
- Higiëne
- Uiergesondheidspraktyke
- Onderhoud en instandhouding van melkmasjiene
- Industrie Standaarde
- Administrasie en rekordhouding
Aansoeke sluit: 30 November 2025
Hierdie is 'n betaalde Internskap wat verblyf op die Plaas insluit.
Aansoeke word slegs deur hierdie skakel (link) aanvaar