John Deere Tegnikus

John Deere Tegnikus picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde boerdery in die Swartwater-distrik in Limpopo, is op soek na ’n gekwalifiseerde John Deere-tegnikus met ’n sterk eienaarskapmentaliteit om die instandhouding, diagnose en herstelwerk van landboutoerusting, trekkers en implemente professioneel te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud (aanbeveel), 'n gekwalifiseerde John Deere-tegnikus (vereiste) en het meer as 5 jaar toepaslike ondervinding as John Deere-tegnikus met bewese kundigheid in John Deere-trekkers en landboumasjinerie implemente (planters, ripper, baler, spuite, ens.), foutopsporing & diagnose (meganies + elektries) hidroulika, ratkaste, transmissies en PTO-stelsels.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou fyn oog vir detail, sistematiese foutdiagnose, vermoë om selfstandig te kan werk en verantwoordelikheid neem, goeie kommunikasie- en beplanningsvermoë, eienaarskapmentaliteit, gesonde werksetiek en trots in werk, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Diagnose, herstel en diens van John Deere trekkers, implemente en landbou-toerusting
  • Voer voorkomende instandhouding uit volgens diensskedules
  • Foutopsporing en herstel van:
    • meganiese breke
    • elektriese/ECU en sensor-foute (waar toepaslik)
    • hidrouliese en transmissie-stelsels
  • Voorseisoen inspeksies en piekseisoen gereedheid
  • Hou akkurate diensrekords, parte- en werkkaart-administrasie
  • Ondersteun operateurs met tegniese leiding en basiese voorkoming
  • Handhaaf werkplekveiligheid, netheid en werkswinkelstandaarde

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 10 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp