Ons kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Bapsfontein distrik in Gauteng, is op soek na 'n energieke en raakvat Junior Akkerboubestuurder om die Akkerbou-afdeling van die Boerdery in samewerking met die Akkerboubestuurder koste-effektief, optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.
Die ideale kandidaat het 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse (spesifiek Mielies) onder besproeiing en op droëland, is meganies sterk aangelê met goeie werkende kennis van die nuutste moderne landboutegnologie en presiesieboerdery.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur, sterk meganiese kennis en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk netjies, stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 14 September 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising, water, elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar