Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Viljoenskroon distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke, raakvat en dinamiese Bestuurder om die Boerdery se Beeskudde (Stoet en Kommersieël) en 'n Beesvoerkraal in samewerking met die Algemene Plaasbestuurder koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie in Veeteelt (aanbeveel) met 2 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde (Stoet en Kommersieël) en 'n Beesvoerkraal.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, rekenaarvaardigheid, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 26 September 2025
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar