Junior Bestuurder: Besproeiing
Ons gewaardeerde kliënt, ‘n suksesvolle en dinamiese Boerdery in die Jan Kempdorp distrik in die Noordkaap, is opsoek na 'n jong, leergierige, energieke en raakvat Junior Bestuurder om die Besproeiing van die Boerdery effektief te bestuur.
Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 1 - 3 jaar ondervinding in effektiewe Besproeiingsbestuur (spilpunt, micro en drip) met blootstelling aan beeskuddebestuur en die produksiesiklus van pekanneute.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou dryf, sterk organisasieververmoë, eienaarskapmentaliteit en vermoë om effektief onder druk te funksioneer met sterk meganiese-, elektriese- en besproeiingsbestuur ondervinding, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur van besproeiing
- Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van die besproeiingsnetwerk (stelsel, pompe en pype)
- Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
- Voldoen aan standaarde
- Betrokke wees by ander afdelings van die Boerdery
- Enige ander pligte soos van tyd tot tyd verlang
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wie gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik
Aansoeke sluit: 10 Februarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar