Bestuurder: Besproeiing en Beeste

Bestuurder: Besproeiing en Beeste picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Vryburg distrik in die Noordwes Provinsie, is op soek na 'n ervare en energieke Bestuurder om die Besproeiing van die Boerdery koste-effektief, optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landbou- of Tegniesekwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in besproeiingsbestuur (Spilpunte) en sterk meganiese en elektriese kennis m.b.t Spilpunte en Pompe. (Kennis in die Totale Produksiesiklus van Aartappels sal in jou guns tel)

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou werkende kennis van Beeskuddebestuur, sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur en eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Besproeiingsbestuur
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van Spilpunte, Pompes en Pype
  • Monitor die Beeskudde daagliks vir siektes, beserings en getalle
  • Instandhouding van Infrastruktuur
  • Plaasveiligheid en -netheid

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 16 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp