Junior Beeskuddebestuurder (2 Poste)

Junior Beeskuddebestuurder (2 Poste) picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese en gediversifiseerde Boerdery in die Mpongwe distrik in Zambië, is opsoek na twee energieke en dinamiese Bestuurders om die Beeskudde van die Boerdery in samewerking met die Plaasbestuurder koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, geldige paspoort met 'n minimum van 5 jaar voor vervaldatum, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Monitor en implementeer maatreëls om kuddegesondheid te verseker
  • Volg en implementeer teelprogramme akkuraat
  • Hou toesig oor die produksie en verspreiding van voer en ander aanvullende produkte
  • Hou bygewerkte rekords van diereproduksie, mortaliteit, voertoewysing en ander relevante gebeure
  • Produseer bale en kuilvoer en monitor die gebruik daarvan
  • Vestig en bestuur verbeterde weidings
  • Begin AI en ander voortplantingsprogramme
  • Monitor kuddevrugbaarheid en funksionaliteit
  • Onderhou alle bestaande infrastruktuur en ontwikkel nuwe infrastruktuur soos en wanneer nodig
  • Hou alle relevante rekords met betrekking tot die voerkraal
  • Bestuur weiding in die ekstensiewe gebiede van die plaas, om langtermyn volhoubaarheid en instandhouding te verseker van die weidingskwaliteit
  • Monitor parasietdruk en behandel waar nodig dienooreenkomstig
  • Stel planne op om potensiële siekte-uitbrake te monitor en te bestuur
  • Spreek bekommernisse of vrae oor kudde- en kuddegesondheid aan
  • Bestudeer en bly op hoogte van veranderinge in die industrie, wat die groep kan beïnvloed
  • Bly op hoogte van interne standaarde en besigheidsdoelwitte
  • Werk saam met bestuurspanne op verskillende eiendomme om die bestuur en gebruik van insette te monitor
  • Bevorder verbeterde hulpbrongebruik en doeltreffendheid
  • Berei weeklikse verslae op en dien dit by senior bestuur en eksterne konsultante indien nodig
  • Enige ander take soos bepaal deur Bestuur

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising,  2 x retoervlugte na Suid-Afrika per jaar, mediesefonds en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp