Junior Boekhoudster en Admin Assistent

Junior Boekhoudster en Admin Assistent picture

Ons kliënt, ‘n groeiende Rekenmeester Firma in die Suid-Ooste van Pretoria, is opsoek na ‘n ervare en energieke Dame om deel te word van die dinamiese Span. Die posisie is kantoor gebaseerd, maar ‘n hibriede omgewing sal oorweeg word indien die persoon vertroud is met die werk en daar ‘n vertrouensverhouding opgebou het.

Die ideale kandidaat het Matriek geslaag met Rekeningkunde as vak (minimum), maar 'n tersiêre kwalifikasies/diploma in Rekeningkundige en voltooide Klerkskap sal voordelig wees. Verder het die ideale kandidaat 'n minimum van 'n jaar ervaring in boekhouding of in 'n soortgelyke posisie, ervaring in rekeningkundige sagteware, Microsoft Office (veral Excell) en ondervinding in die opstel van finansiëlestate met werkende kennis van rekeningkundige beginsels.

Bogenoemde vaardighede gekoppel jou vermoë om verskeie kliënte en spêrdatums doeltreffend te hanteer, jou fyn oog vir detail, uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede, jou vermoë om effektief onder druk akkuraat te werk, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Opstel van finansiëlestate in Caseware en Draftworx
  • Boekhouding van kliënte se finansiële rekords op Xero
    • Rekonsilieer bank transaksies
    • Postering van fakture
    • Debiteure en krediteure rekonsiliasies
    • Balansstaat rekonsiliasies
    • Bateregister boekhouding
    • Nasiening van BTW transaksies
  • Proefbalans voorbereiding vir ouditeure
  • SARS:
    • VAT201, EMP201, EMP501, IRP6 en ITR4 opgawes
    • Korrespondensie met SARS op kliëntesake
  • Bystand aan Direkteur met belastingbeplanning vir kliënte
  • Verslagdoening
    • Maandeinde rapportering op inkomstestaat en balansstaat en ander
    • Ander pligte soos van tyd-tot-tyd verlang

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Februarie 2026

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp