Bonsmara Stoetbestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende gemengde boerdery in die Bronkhorstspruit distrik, bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n energieke en dinamiese bestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die bestuur en verdere ontwikkeling van hul Bonsmara stoet.
Hierdie rol is ideaal vir ’n praktykgerigte, resultaatgedrewe individu met ’n passie vir genetika en kuddeverbetering, wat ’n sleutelrol wil speel in die volhoubare en winsgewende bestuur van ’n hoëkwaliteit stoet.
Jou Rol
- Volledige bestuur van die Bonsmara stoet
- Implementering van strategie en optimalisering van produksie
- Bestuur van daaglikse bedrywighede en personeel
- Verseker volhoubare, koste-effektiewe en winsgewende produksie
- Akkurate rekordhouding en verslagdoening volgens Bonsmara-genootskap riglyne
Kernverantwoordelikhede
- Kuddebestuur & Gesondheid
- Weiding & Voeding
- Reproduksiebestuur
- Produksie & Bemarking
- Instandhouding & Infrastruktuur
- Bestuur & Leierskap
Minimum Vereistes
- 3 – 5 jaar praktiese ondervinding in beesstoetbestuur
- Tersiêre landboukwalifikasie (aanbeveel)
- Sterk kennis van kuddebestuur, reproduksie en genetika
- Goeie organisatoriese en administratiewe vermoë
- Vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem
Wat Ons Soek
- ’n Persoon met ’n liefde vir beeste en stoetontwikkeling
- Sterk eienaarskapmentaliteit en selfdissipline
- Goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede
- Prakties, energiek en oplossingsgedrewe
- Verkieslik getroud en op soek na ’n langtermyn rol
Wat Jy Kan Verwag
- Markverwante salaris volgens ervaring
- Onderhandelde prestasiebonus
- Behuising op die plaas
- Voertuig vir werksdoeleindes
- Geleentheid om ’n top kwaliteit Bonsmara stoet verder te ontwikkel
Indien jy ’n toegewyde en ervare Bestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel👉 [aansoek]
Sluitingsdatum: 16 April 2026
Diensaanvaarding: So gou as moontlik