Junior Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Junior Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Caledon distrik in die Weskaap, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Junior Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel), 2 - 8 jaar ervaring in die totale produksiesiklus van graangewassse (koring, kanola en gars), is 'n ervare Plaastoerusting Operateur met basiese kennis van Veekuddebestuur (bees en skaap) en Vrugteboordbestuur (appels en pere) wie meganies sterk aangelê is

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhoudinge, eienaarskapmentaliteit en jou vermoë om 'n span effektief te bestuur, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Graanproduksie
    • Help met seisoenale beplanning, grondvoorbereiding, plant, spuit en oes.
    • Gebruik GPS- en leidingstelsels op JD-trekkers.
    • Moniteer gewasse, peste- en onkruidbeheer.
    • Bedryf en onderhou John Deere-trekkers, planter, spuittoerusting en stropers.
  • Veebestuur 
    • Daaglikse monitering, voedingsprogramme en gesondheidskontroles
    • Ondersteun lam-/kalftyd, doserings, inentings en skeerskedules.
    • Bestuur weiding- en wisselweidingsiklusse saam met graanproduksie.
    • Hou akkurate vee- en veeartsenyrekords.
  • Vrugteboordbestuur
    • Toesig oor snoei, peste- en siektebeheer, besproeiing en oes.
    • Moniteer boordprestasie en boomgesondheid.
    • Koördineer oesspanne en toesig oor na-oessprosesse.
    • Werk om hoë standaarde van vruggehalte en opbrengs te bereik.
  • Gasteplase & Landboutoerisme
    • Koördineer met personeel oor sekere naweke en basiese instandhouding.
    • Interaksie met gaste, probleemoplossing en bystand met plaaservarings indien nodig
  • Voer roetine-dienswerk en basiese herstelwerk uit.
  • Ondersteun instandhouding van plaasinfrastruktuur insluitend waterstelsels, heinings, skure en paaie.
  • Verseker nakoming van beroepsgesondheid, veiligheid en omgewingsregulasies
  • Volg beste praktyke vir arbeidsbestuur

Hierdie rol is ideaal vir ’n kandidaat met landbouopleiding en praktiese ondervinding wat graag wil ontwikkel na ’n senior bestuursposisie.

Diensaanvaarding: Januarie 2026

Aansoeke sluit: 30 Oktober 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf, een slaapkamer woonstel, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp