Junior Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Junior Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde gemengde boerdery in die Hoopstad-distrik, is op soek na ’n netjiese, betroubare en prakties ingestelde Plaasbestuurder om deel te vorm van die daaglikse bestuur en uitvoering van plaasaktiwiteite.

Hierdie geleentheid is geskik vir ’n jonger of opkomende kandidaat met ’n sterk landbou-aanleg, goeie menseverhoudings en die bereidwilligheid om verantwoordelikheid te neem binne ’n praktiese boerdery-omgewing. Die suksesvolle kandidaat moet hardwerkend, leergierig en georganiseerd wees, met die vermoë om take netjies, verantwoordelik en betyds uit te voer.

Ons soek ’n persoon wat prakties ingestel, tegnies sterk, betroubaar en spangeoriënteerd is. Hierdie is ’n rol vir iemand wat daarvan hou om self betrokke te wees, verantwoordelikheid te neem en saam met die boerdery te groei.

Die ideale kandidaat verstaan die realiteite van ’n produksie-omgewing, kan selfstandig werk, sien betyds raak wat aandag nodig het, en is bereid om in ’n seisoenale en dinamiese werksomgewing sy deel te doen.

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat graag deel wil wees van ’n praktiese, werkende bestuurspan binne ’n gevestigde gemengde boerdery.

Minimum Vereistes

  • 0 tot 2 jaar toepaslike ondervinding in ’n gemengde boerdery-omgewing
  • Tersiêre landboukwalifikasie word aanbeveel
  • Geldige swaarvoertuiglisensie is ’n vereiste; Kode 10 sal voldoende wees
  • Goeie menseverhoudings en netjiese persoonlike voorkoms
  • Praktiese ingesteldheid en bereidwilligheid om operasioneel betrokke te wees
  • Verantwoordelike hantering van toerusting, voertuie en plaasbates

Sleutelverantwoordelikhede

  • Ondersteuning met die daaglikse bestuur van ’n gemengde boerdery
  • Toesig oor algemene plaasaktiwiteite, take en werksvloei
  • Hantering en bestuur van personeel op ’n praktiese en respekvolle wyse
  • Gebruik en versorging van plaasvoertuie en toerusting
  • Algemene instandhouding, beplanning en uitvoering van plaaswerk
  • Verseker dat take netjies, veilig en doeltreffend afgehandel word

Hierdie is ’n goeie geleentheid vir ’n kandidaat wat sy landbouloopbaan verder wil vestig binne ’n praktiese gemengde boerdery-omgewing, waar betroubaarheid, netheid, goeie menseverhoudings en ’n positiewe werksetiek hoog op prys gestel word.

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (drie-slaapkamer, volledig gemeubileerd), gratis water, elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Mei 2026

Indien jy belangstel in ’n praktiese geleentheid binne ’n gevestigde kommersiële boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp