Junior Plaasbestuurder: Groente

Junior Plaasbestuurder: Groente picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery die Swartwater distrik in Limpopo, is op soek na 'n jong, leergierige en energieke Junior Plaasbestuurder om die Plaasbestuurder by te staan om die Plaas koste-effektief, optimaal en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar ondervinding indie Totale Produksiesiklus van Aartappels, Uie, Butternuts, Peppers en Tabak en werkende kennis van besproeiingsbestuur (Spilpunte) met sterk meganiese en elektriese kennis m.b.t spilpunte en pompe.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou gedrewe persoonlikheid, eienaarskapmentaliteit en passie vir Boer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ondersteun die Plaasbestuurder in die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Instaan vir die Plaasbestuurder in sy afwesigheid
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur
  • Algemene instandhouding en herstel van infrastruktuur
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd.

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 November 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp