Junior Plaasvoorman: Beesboerdery
Ons gewaardeerde kliënt, 'n Boerdery in die Brandfort distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke, leergierige en raakvat Junior Plaasvoorman om die Beeskudde in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Kode EC bestuurslisensie (vereiste) en 1 - 3 jaar ondervinding in alle aspekte van ekstensiewe bestuur van 'n Beeskudde (Kommersieël) wie sterk meganies aangelê is.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë of effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Staan die Eienaar by met die dag-tot-dag operasionele bedrywighede op die Plaas
- Algemene Beeskuddebestuur
- Algemene en voorkomende instandhouding
- Infrastruktuur instandhouding
- Lei deur en volg voorbeeld
- Brandbestuur en -voorkoming
- Plaassekuriteit en -netheid
- Ander pligte soos verlang van Eienaar van tyd tot tyd
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat wil Boer.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 15 Desember 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.