Junior Plaasvoorman: Beeste en Skape
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gemengde boerdery in die Fochville-distrik, is op soek na ’n betroubare, praktiese en hardwerkende Junior Plaasvoorman om deel te vorm van hul boerderyspan.
Hierdie pos is ideaal vir ’n jonger kandidaat wat reeds praktiese plaaservaring het, verantwoordelikheid kan neem en bereid is om betrokke te wees by die daaglikse bestuur van vee, algemene plaaswerk, instandhouding en die netjiese funksionering van die plaas.
Die suksesvolle kandidaat sal ’n praktiese rol speel in die daaglikse toesig oor die beeste en skape, asook algemene instandhouding, herstelwerk en die algehele netheid en orde van die plaas.
Die ideale kandidaat beskik oor:
- Graad 12
- 3 tot 5 jaar toepaslike praktiese plaaservaring
- Praktiese ervaring met beeste en skape
- Goeie basiese kennis van dieregesondheid, voeding, hantering en algemene kuddebestuur
- Praktiese instandhoudingsvaardighede met 'n sterk meganiese aanleg
- Geldige bestuurslisensie
- Goeie werksetiek, sober gewoontes en betroubare persoonlike karakter
- Bereidheid om prakties betrokke te wees en verantwoordelikheid te neem
Die suksesvolle kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir:
- Daaglikse toesig oor beeste en skape
- Algemene monitering van dieregesondheid, kondisie, water, voeding en beweging
- Identifisering en behandeling van siek of beseerde diere
- Verantwoordelik vir alle dosering, inspuitings, dip, hantering en ander basiese veepraktyke
- Kontrole van kampe, krale, waterpunte en heinings
- Algemene plaasinstandhouding en herstelwerk
- Herstel en instandhouding van heinings, hekke, krale en waterinfrastruktuur
- Daaglikse kontrole dat voertuie, trekkers en toerusting olie, water en brandstof het voordat dit gebruik word
- Rapportering van enige meganiese probleme of skade aan voertuie, implemente en toerusting
- Hulp met basiese herstelwerk aan plaasmasjinerie en toerusting
- Toesig oor plaaswerkers
- Handhawing van netheid, orde en algehele voorkoms van die plaas
- Algemene plaaswerk soos deur bestuur versoek
Ons is op soek na ’n kandidaat wat:
- Betroubaar, eerlik en verantwoordelik is
- Trots neem in sy werk en die voorkoms van die plaas
- Prakties en handvaardig is
- Goed met diere kan werk
- Oplettend is en probleme vroeg kan raaksien
- Instruksies kan volg, maar ook selfstandig kan werk
- Bereid is om in ’n praktiese plaasomgewing hard te werk
- ’n Rustige, gedissiplineerde en verantwoordelike benadering het
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n jong, praktiese kandidaat wat reeds plaaservaring het en nou die volgende stap in sy loopbaan wil neem.
'n Markverwante salaris met grating behuising (4 slaapkamers, 2 badkamers), onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: 3 Augustus 2026
Sluitingsdatum: 12 Julie 2026
Indien jy opsoek is na ’n praktiese geleentheid binne ’n gevestigde boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur die skakel👉 [aansoek]