Junior Plaasvoorman en Operasionele Assistent

Junior Plaasvoorman en Operasionele Assistent picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde produsent in die Koster/Lichtenburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na ’n jong, energieke en veelsydige man om by ’n dinamiese en groeiende landbou-onderneming aan te sluit.

Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n persoon wat graag praktiese ondervinding in verskeie aspekte van landbou wil opdoen en homself oor tyd binne die besigheid wil ontwikkel. Die pos behels ’n kombinasie van saad- en chemiese aflewerings, betrokkenheid by proefaanplantings, ondersteuning in die boerderybedrywighede, asook algemene instandhouding en operasionele take.

Die suksesvolle kandidaat sal deel vorm van ’n kleiner, intensief bestuurde boerdery waar daar met presisietoerusting, besproeiing, droëlandverbouing, saadmielies en suikerbone gewerk word. Daar is ook ’n kleiner skaapkomponent en toekomstige uitbreiding na ’n backgrounding-stelsel vir kalwers onder spilpunte gedurende die wintermaande.

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n persoon wat nie bang is om sy hande vuil te maak nie, wat wil leer, verantwoordelikheid wil neem en oor tyd moontlik ook sy eie saad- en chemiese kliëntebasis kan ontwikkel vir addisionele inkomste.

Hoofverantwoordelikhede:

  • Aflewering van saad en chemiese produkte vanaf Augustus tot Januarie
  • Bestuur van bakkie en sleepwa, asook 8-ton trok
  • Betrokkenheid by proewe plant en verwante landbou-aktiwiteite
  • Ondersteuning van die daaglikse boerderybedrywighede
  • Instandhouding van spilpunte, trekkers en infrastruktuur
  • Algemene hulp oor verskillende vertakkings van die besigheid
  • Ondersteuning tydens piektye, asook verantwoordelike selfbestuur tydens rustiger periodes

Minimum vereistes:

  • Kode 10 bestuurslisensie is ’n vereiste
  • Jong, betroubare en hardwerkende persoon met ’n goeie werksetiek
  • Praktiese aanleg en bereidwilligheid om betrokke te raak by verskillende take
  • Basiese meganiese en tegniese begrip sal sterk in die kandidaat se guns tel
  • Belangstelling in landbou en ’n begeerte om binne die bedryf te groei
  • Vermoë om verantwoordelikheid te neem en selfstandig te werk
  • Goeie menseverhoudings en die potensiaal om kliënte professioneel te bedien

Die ideale kandidaat:

Ons soek nie bloot iemand vir ’n vaste, eng omskrewe rol nie, maar eerder ’n veeldoelige jong man wat in ’n kleiner, ondernemende landbou-omgewing kan floreer. Die persoon moet aanpasbaar wees, ’n positiewe houding hê, prakties ingestel wees en bereid wees om met verloop van tyd meer verantwoordelikheid op te neem.

Vergoeding sal onderhandel word volgens ervaring, vermoë en potensiaal.

Indien jy jouself sien as ’n jong, ambisieuse en praktiese persoon wat deel wil word van ’n groeiende landbou-onderneming, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel👉 [aansoek]

Sluitingsdatum: 26 April 2026

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Share on
Click here to contact us on WhatsApp