Junior Plaasvoorman: Gemengde Boerdery

Junior Plaasvoorman: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n Gemengde Boerdery in die Welkom/Bultfontein distrik in die Vrystaat, is opsoek na ‘n energieke raakvat Junior Plaasvoorman om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n kode 14 bestuurslisensie (aanbeveel), ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 3 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland, is 'n ervare Plaastoerusting Operateur, sterk meganies met werkende kennis van Beesboerdery.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë of effektief binne en buite spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede in samewerking met die Eienaar
  • Bestuur van die Totale Produksiesiklus van Gewasse
  • Algemene en Voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
  • Beeskuddebestuur
  • Infrastruktuur Instandhouding
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 22 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp