Junior Plaasvoorman: Gemengde Boerdery

Junior Plaasvoorman: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Hopetown distrik in die Noordkaap, is opsoek na ‘n energieke raakvat Junior Plaasvoorman om die Eienaar by te staan om die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 1 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Gewasse onder besproeiing, is 'n ervare Plaastoerusting Operateur, met werkende kennis van Bees- en Skaapboerdery.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, meganiese aanleg, stiptelikheid en vermoë of effektief binne en buite spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede in samewerking met die Eienaar
  • Totale Produksiesiklus van Gewasse
  • Algemene en Voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
  • Bees- en Skaapkuddebestuur
  • Infrastruktuur Instandhouding
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong Man wat vir homself 'n Loopbaan wil uittrap by 'n dinamiese Boerdery.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis verblyf, onderhandelde prestasiebonus en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp