Junior Plaasvoorman: Gemengde Boerdery

Junior Plaasvoorman: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Junior Plaasvoorman om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is enkelopend, het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 1 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland en onder besproeiing, goeie werkende kennis in alle aspekte van Beeskuddebestuur wie sterk meganies/tegnies aangelê is en Zoeloe kan praat en verstaan.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë of effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Staan die Eienaar by met die dag-tot-dag operasionele bedrywighede op die Plaas
  • Totale Produksiesiklus van Gewasse
  • Algemene Beeskuddebestuur
  • Algemene en voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
    • Paaie en brandbane
  • Infrastruktuur instandhouding
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd-tot-tyd

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat wil Boer.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, elektrisiteit, 13de tjek en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp