Ons gewaardeerde kliënt, ‘n jong opkomende Gemengde Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na ‘n energieke raakvat Junior Plaasvoorman om die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.
Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 1 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland, is 'n ervare Plaastoerusting Operateur, sterk meganies met werkende kennis van Beesboerdery.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë of effektief binne en buite spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong Man wat vir homself 'n Loopbaan wil uittrap en saam met die Boerdery groei sonder dat die Eienaar die hele tyd oor sy skouer loer.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 15 September 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.