Junior Produksiebestuurder
Ons kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende boerdery in die Vivo distrik, is op soek na ’n ambisieuse en praktiese Junior Produksiebestuurder om betrokke te wees by die produksie van aartappels en butternuts.
Hierdie rol bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n jong bestuurder wat reeds ondervinding opgedoen het en nou gereed is om meer verantwoordelikheid te neem en verder te ontwikkel binne ’n dinamiese produksie-omgewing.
Jou Rol
- Betrokkenheid by die daaglikse bestuur van gewasse
- Ondersteuning in die produksie van aartappels en butternuts
- Implementering van besproeiings- en produksieprogramme
- Monitering van gewasontwikkeling, plae en siektes
- Bestuur van arbeidspanne en werkskedules
- Verseker dat produksie doeltreffend en volgens plan verloop
Minimum Vereistes
- 3 – 5 jaar praktiese ondervinding in gewasproduksie
- Ondervinding met besproeiing (sterk vereiste)
- Kennis van aartappelproduksie sal ’n groot voordeel wees
- Basiese bestuursvermoë en goeie organisatoriese vaardighede
Wat Ons Soek
- ’n Energieke en leergierige individu met ’n groeimentaliteit
- Prakties ingesteldheid
- Goeie kommunikasie- en spanwerkvermoë
- Iemand wat verantwoordelikheid neem en wil ontwikkel
Wat Jy Kan Verwag
- Geleentheid vir groei en ontwikkeling binne ’n gevestigde boerdery
- Praktiese blootstelling aan hoëwaarde gewasproduksie
- Markverwante vergoeding volgens ervaring
- ’n Rol met toenemende verantwoordelikheid
Indien jy ’n toegewyde en ervare Junior Produksiebestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel👉 [aansoek]
Aansoeke sluit: 16 April 2026
Diensaanvaarding: So gou as moontlik